

Groeipyne 15 Januarie 2026
Vroeë-kinderontwikkelingskenners gee raad vir akademiese jaar wat voorlê.

Groeipyne 8 Januarie 2026
Sweminstrukteur Ida van Wyk vertel hoekom dit uiters belangrik is om kinders op ‘n jong ouderdom aan swem en waterveiligheid bloot te stel.

Groeipyne 1 Januarie 2026
Is speel net vir kinders? Wat is die voordele verbonde aan ongestruktureerde spel, of te wel vryspel. Spraakterapeut en oudioloog Hanlie Degenaar van die Sentrum vir Gesondheid en Menslike Prestasie aan die Noordwes-Universiteit het die antwoorde.

Groeipyne 18 Desember 2025
Is skermtyd die nuwe kinderoppasser? Watter uitwerking het dit op kinders? Hanlie Degenaar, ‘n spraakterapeut en oudioloog verbonde aan die Sentrum vir Gesondheid en Menslike Prestasie aan die Noodwes-Universiteit, het navorsing hieroor gedoen.

Groeipyne 11 Desember 2025
Die skooljaar is verby, en 'n welkome verposing en 'n tyd van samesyn lê voor. Hoe moet ons hierdie tyd die beste benut? Wilna van Rooyen, ’n vroeë kinderontwikkelingspesialis verbonde aan die Afrikaanse Onderwysnetwerk, gee raad.

Groeipyne 4 Desember 2025
Wat het skoolgereedheid met Graad 12-uitslae uit te waai? Ontwikkelingskenner en opvoeder dr. Melodie de Jager verduidelik die verband tussen die twee.

Groeipyne 27 November 2025
Die vakansie is op hande, en baie gesinne gaan op reis na ‘n vakansiebestemming. Hoe gemaak as jy ‘n kleuter of ‘n pienkvoet het? Hoe maak jy reisplanne? Hoe beïnvloed die vakansie hulle slaap en roetine? Slaapkonsultant Jolandi Becker gee raad.

Groeipyne 20 November 2025
Hoe beïnvloed fisieke aktiwiteit ‘n kind se skoolgereedheid? Kinderkinetikus Karyna le Roux praat oor die belangrike rol wat beweging en fisieke aktiwiteit speel in die holistiese ontwikkeling van kinders.

Groeipyne 13 Oktober 2025
Is jou kind emosioneel gereed vir skool? Ons kyk na die emosionele voorbereiding van jou kind vir Graad 1.

Groeipyne 6 November 2025
Lizette van Huysteen, ‘n vroeëkinderontwikkelinspesialis, praat verder oor die boublokke om ‘n grondslag vir wiskundeprestasie te lê.