

Groeipyne: Sensoriese integrasie en emosionele regulering
13 Augustus 2026: Wat is sensoriese integrasie? Watter rol speel dit in kinders se ontwikkeling? Christelle Koekemoer is ‘n arbeidsterapeut betrokke by ‘n spesiale skool. Sy bied insig oor sensoriese integrasie en emosionele regulering. Sy vertel ook van die werk wat haar organisasie, Wiggly Educat…

Groeipyne: Borsvoedingdieet
6 Augustus 2026: Borsvoedingsweek 2026 se tema is BORSVOEDING VIR ‘N VOLHOUBARE LEWENSBEGIN: VERSTERK WAT WERK. Dieetkundige en borsvoedingskonsultant Natascha Olivier gee raad aan borsvoedende mammas oor ‘n gesonde dieet.

Groeipyne: Hoe gemaak as jou graad 1-kind nie die mas opkom nie?
30 Julie 2026: Hoe gemaak as jy deur jou kind se skool ingeroep word omdat jou kleintjie blykbaar nie die mas kan opkom in Graad 1 nie? Karin Visser deel haar gesin se ervaring hiervan, hulle soeke na hulp, en hoe sy uiteindelik ‘n neuro-kognitiewe opleidingsprogram begin het om ander ouers en kind…

Groeipyne: Borsvoeding
23 Julie 2026: Die Wêreld Gesondheidsorganisasie beveel aan dat mamma’s hulle suigelinge eksklusief borsvoed vir die eerste ses maande ná geboorte. Maar gebeur dit in praktyk? Professor Christine Taljaard-Krugell van die Noordwes-Universiteit se Sentrum vir Uitnemendheid in Voeding het ‘n artikel g…

Groeipyne: Musiekterapie
16 Julie 2026: Wat is die waarde van musiekterapie vir kinders se algehele welstand en ontwikkeling. Musiekterapeut Anja Pollard vertel wat dié soort terapie behels.

Groeipyne: Leesprojek vir Graad R tot Graad 3
9 Julie 2026: Deur vir 'n kind voor te lees en stories te vertel, ontsluit jy soveel meer as net hulle verbeelding. Dis ‘n verrykende ervaring vir sowel leser as luisteraar. Nelmarie Kemp van die Stigting vir die Bemagtiging deur Afrikaans vertel van hulle Zoe-leesprojek vir Graad R tot Graad 3, en…

Groeipyne: Oogprobleme by voorskoolse kinders
2 Julie 2026: Sig is een van die mens se vyf tradisionele sintuie. Ons oë help ons om die wêreld om ons te kan sien en verken. Natasha Pieterse, ‘n pediatriese oogkundige, vertel van die oogprobleme wat by voorskoolse kinders kan opduik, en ons hoor of die eet van wortels wel help om goeie sig te b…

Groeipyne: Toepassing van dissipline by voorskoolse kinders
25 Junie 2026: Ouers vind dit soms moeilik om oënskynlike negatiewe opmerkings oor hulle kinders se onaanvaarbare gedrag te aanvaar. Hulle is dadelik op die aanval en gereed die kinders te verdedig, want heel dikwels sien ouers hulle kinders as ‘n verlengstuk van wie hulle is. Kleinkinderonderrigsp…

Groeipyne: ‘Leer moet prettig wees’
18 Junie 2026: Wanneer ons dink aan leer, dink ons aan boeke, oefeninge en formele onderrig. Maar is dit wat jong kinders nodig het? Wilna van Rooyen, ‘n onderwyskundige en vroeëkinderontwikkelingspesialis, glo dat leer, veral in die voorskoolse fase, prettig moet wees.

Groeipyne: Die belangrikheid van speel
11 Junie 2026: Met Wêreld-Speeldag wil die Verenigde Nasies die aandag te fokus op die belangrike rol van speel in kinders se ontwikkeling. Ons praat hieroot met spelterapeut en kliniese sielkundige, Jo-Marie Bothma.