1 November 2026: Epistemiese toegang tot tersiëre onderwys is veel meer as toelating tot kursusbywoning. Dit handel ten diepste oor toegang tot kennis. As deel van die UP se taalontwikkelingsplan bied hulle aanleerderskursusse in Afrikaans en Sepedi aan, sowel as pedagogiekkursusse. Ina Strydom praat met prof. Nerina Bosman, dr. Margaret Marggraff en Retha Alberts hieroor.



