

Taaldinge 21 Desember 2025
Die taalkundige, prof. Ernst Kotzé, verduidelik wat grammatikale geslag is, in watter tale dit voorkom, en wat Afrikaans se posisie is. Hy praat ook oor die neiging dat daar soms na entiteite soos skepe en motors, en die taal Afrikaans self, as vroulik verwys word, en waarom dit nie eie aan die st…

Taaldinge 14 Desember 2025
Die bestuurshoof van die Afrikaanse Onderwysnetwerk, Daan Potgieter, vertel vir Ina Strydom wat die AON doen wat betref vroeëkinderontwikkeling en taalontwikkeling. Hulle praat ook oor die noodsaaklikheid van moedertaalonderrig, en die waarde van Afrikaanse skole.

Taaldinge 7 Desember 2025
Die senior mederedakteur van die WAT, Alet Cloete, en die eindredakteur, Gerhard van Wyk, is saam met Ina Strydom in die ateljee om luisteraarsvrae te beantwoord. Hulle bespreek onder meer anglisismes en nuutskeppings.

Taaldinge 30 November 2025
Taalpraktisyn Tom Mclachlan verduidelik waarom biljoen in Afrikaans aanvaarbaar is, maar iets anders beteken as die Engelse “billion”, en waarom die komma eerder as die punt gebruik word om breuke aan te dui. Die eindredakteur van die WAT, Gerhard van Wyk, verduidelik hoe transliterasie werk.

Taaldinge 23 November 2025
Die stigter en bestuurshoof van Naledi Uitgewers, Johan Coetzee, vertel waarom hy nispublikasies soos digbundels en Afrikaanse vertalings van werk uit die wêreldletterkunde uitgee, en wat die grootste uitdagings vir hom as onafhanklike uitgewer is.

Taaldinge 16 November 2025
Die voorsitter van die Suid-Afrikaanse Akademie vir Wetenskap en Kuns se Taalkommissie, Suléne Pilon, het onlangs die 54ste Hertzog-gedenklesing gelewer oor die konseptuele metafore wat vir Afrikaans gebruik word. Sy vertel vir Ina Strydom wat haar ondersoek opgelewer het.

Taaldinge 9 November 2025
In deel 2 van Ina Strydom se gesprek met die bekroonde vertaler, prof. Naòmi Morgan van die Departement Afrikaans, Nederlands, Frans en Duits aan die Universiteit van die Vrystaat, vertel sy hoe sy te werk gegaan het met die vertaling van Samuel Beckett se ONS WAG VIR GODOT. Beckett het dié drama e…

Taaldinge 2 November 2025
Die bekende en bekroonde vertaler, prof. Naòmi Morgan van die Departement Afrikaans, Nederlands, Frans en Duits aan die Universiteit van die Vrystaat, vertel vir Ina Strydom meer oor die wetenskap en die kuns van vertaling, nadat sy vroeër vanjaar die gesogte UJ-prys vir vertaling ontvang het vir h…

Taaldinge 26 Oktober 2025
‘n Uitsonderlike publikasie oor die Afrikaanse kunslied het onlangs uit die pen van twee hoogleraars in vokale musiek by die Universiteite van Oklahoma en Furman in die VSA verskyn. Die bekende taalkundige, prof Ernst Kotzé, het as spesiale redakteur opgetree. Hy vertel vir Ina Strydom meer oor die…

Taaldinge 19 Oktober 2025
Dit is welbekend dat Afrikaans op verskeie gebiede onder druk is, insluitend dat Afrikaanse skole al minder word. Dit lei daartoe dat al minder studente die vak Afrikaans op universiteit neem, en Afrikaans-departemente raak al kleiner. Die bekende taalkundige, prof. Wannie Carstens, vertel vir Ina …