

Taaldinge: Taalnavrae
23 Augustus 2026: Praat ‘n mens van padwerk, of padwerke? Hoekom is dit burgemeester en nie burgermeester nie? Alet Cloete en Gerhard van Wyk van die WAT is saam met Ina Strydom in die atlejee om dié en ander luisteraarsvrae te beantwoord.

Taaldinge: Haas se Gat
16 Augustus 2026: Gerhard van Huyssteen en Kabous Meiring vertel vir Ina Strydom van ‘n nuwe speletjiesprogram, Haas se Gat, wat binnekort op RSG se webwerf ‘n tuiste sal vind. Ter illustrasie speel hulle die speletjie, wat op “Name, Vanne, Diere, Dorpe” gebaseer is.

Taaldinge: Die Vriende van Afrikaans se leesprojekte
9 Augustus 2026: Die projekbestuurder van die Vriende van Afrikaans, Chareldine van der Merwe, vertel vir Ina Strydom hoe dié organisasie tot stand gekom het, en wat hulle doen om lees en voorlees vir kinders te bevorder. Die VvA is ‘n afdeling van die ATKV.

Taaldinge: Afrikaanse Wikipedia
2 Augustus 2026: Die direkteur van die Afrikaanse Wikipedia, Deon Steyn, vertel vir Ina Strydom watter mylpale die afgelope jaar bereik is; watter uitdagings hulle ervaar; samewerking met ander Afrikaanse instellings; en planne vir die toekoms.

Taaldinge: Die herkoms van tekstielname
26 Julie 2026: Die taaladviseur van VivA, Maureen van Helden, vertel vir Ina Strydom waar tekstielname soos damask, linne en shweshwe vandaan kom. Hulle praat ook ook die taalkompetisie, Woordmeester.

Taaldinge: Onbeleefde taalgebruik op sosiale media
19 Julie 2026: Die taalkundige van die NWU, prof. Gerhard van Huyssteen, vertel vir Ina Strydom van navorsing wat hy en twee kollegas gedoen het oor onbeleefde taalgebruik in kommentaar op sosiale media; hoe die konstruksies lyk, en watter vorme dit kan aanneem ten einde deur te glip by platforms s…

Taaldinge: Die Afrikaanse Taalraad
12 Julie 2026: Die Afrikaanse Taalraad het onlangs herbesin oor sy rol en die pad vorentoe. Die direksievoorsitter, Daan Potgieter, vertel vir Ina Strydom wat die mandaat is, en hoekom die rol van die ATR so belangrik is vir Afrikaans.

Taaldinge: Idiome en gesegdes
5 Julie 2026: Die herkoms van Afrikaanse idiome en gesegdes kan teruggespoor word na die Griekse mitologie en die Bybel; ook na die Groot Trek en ander tydperke; en na bedrywe soos seevaart. Karien Brits van Akademia gee vir Ina Strydom ‘n paar voorbeelde, en vertel ook waarom dit belangrik is vir …

Taaldinge: Luisteraarsvrae
28 Junie 2026: Waar kom die uitdrukking “onder ‘n kalkoen uitgebroei” vandaan? Wat is die herkoms van die woord “affronteer”? En hoe maak ‘n mens seker dat jy moreel en moraal reg gebruik? Gerhard van Wyk en Alet Cloete van die WAT is saam met Ina Strydom in die ateljee om dié en ander vrae te bean…

Taaldinge: Die passiefkonstruksie in Afrikaans: wat is besig om te gebeur?
21 Junie 2026: Die taalkundige, Suléne Pilon van die Universiteit van Pretoria, vertel vir Ina Strydom meer oor haar navorsing oor die passiefkonstruksie in Afrikaans. Sy vertel hoe sy te werk gegaan het, wat sy vasgestel het, en wat die redes vir haar bevindings kan wees.