



Taaldinge: Taalmisdaad
27 September 2026: Prof. Terrence Carney van Unisa vertel vir Ina Strydom wat taalmisdaad is, en hoe taalkundiges kan help om dié tipe taalgedrag te identifiseer. Dit sluit elemente soos intimidasie, aanhitsing en teistering in. Hy verduidelik hoe taalkundiges kan help om aan te toon dat dié gedrag…

Taaldinge: UJ-Vertaalprys - Prof. Wium van Zyl
20 September 2026: Prof. Wium van Zyl is onlangs bekroon met die UJ-Vertaalprys vir sy vertaling van DIE ONGELUKKIGE EN TREURIGE VERHAAL VAN DIE SKIP DIE GOUDEN BUYS 1693 uit die 17de eeuse Nederlands in Afrikaans. Hy vertel vir Ina Strydom waar sy belangstelling in vertaling vandaan kom; watter an…

Taaldinge: Taalnavrae
13 September 2026: Is kleurryk en kleurvol volledige sinonieme; en wat is die verskil tussen visioenêr en visionêr? Dié en ander taalnavrae word deur Alet Cloete en Gerhard van Wyk van die Woordeboek van die Afrikaanse Taal beantwoord.

Taaldinge: Ella, die KI-kletsbot
6 September 2026: Dr. Alison Stander van die Departement Afrikaans en Nederlands, Duits en Frans aan die Universiteit van die Vrystaat vertel vir Ina Strydom van Ella, die KI-kletsbot wat ontwikkel is om studente te ondersteun wat Afrikaans as ‘n addisionele taal aanleer.

Taaldinge: Taalnavrae
30 Augustus 2026: Waar kom die woord bestiering vandaan? Waarom word so pas en huis toe los gespel? Het die aandagstreep die komma in gewone geskrewe taal vervang? Alet Cloete en Gerhard van Wyk van die WAT is saam met Ina Strydom in die ateljee om nog ‘n klompie luisteraarsvrae te beantwoord.

Taaldinge: Taalnavrae
23 Augustus 2026: Praat ‘n mens van padwerk, of padwerke? Hoekom is dit burgemeester en nie burgermeester nie? Alet Cloete en Gerhard van Wyk van die WAT is saam met Ina Strydom in die atlejee om dié en ander luisteraarsvrae te beantwoord.

Taaldinge: Haas se Gat
16 Augustus 2026: Gerhard van Huyssteen en Kabous Meiring vertel vir Ina Strydom van ‘n nuwe speletjiesprogram, Haas se Gat, wat binnekort op RSG se webwerf ‘n tuiste sal vind. Ter illustrasie speel hulle die speletjie, wat op “Name, Vanne, Diere, Dorpe” gebaseer is.

Taaldinge: Die Vriende van Afrikaans se leesprojekte
9 Augustus 2026: Die projekbestuurder van die Vriende van Afrikaans, Chareldine van der Merwe, vertel vir Ina Strydom hoe dié organisasie tot stand gekom het, en wat hulle doen om lees en voorlees vir kinders te bevorder. Die VvA is ‘n afdeling van die ATKV.

Taaldinge: Afrikaanse Wikipedia
2 Augustus 2026: Die direkteur van die Afrikaanse Wikipedia, Deon Steyn, vertel vir Ina Strydom watter mylpale die afgelope jaar bereik is; watter uitdagings hulle ervaar; samewerking met ander Afrikaanse instellings; en planne vir die toekoms.

Taaldinge: Die herkoms van tekstielname
26 Julie 2026: Die taaladviseur van VivA, Maureen van Helden, vertel vir Ina Strydom waar tekstielname soos damask, linne en shweshwe vandaan kom. Hulle praat ook ook die taalkompetisie, Woordmeester.