Skrywers en BoekeSkrywers en Boeke

Skrywers en boeke 4 September 2024

View descriptionShare
SARIE se boekeredakteur, Phyllis Green, gesels oor die volgende boeke: Die onsigbare deur PJO Jonker; As klippe kon praat deur Connie Luyt; Foto’s en fairylights deur AnMari do Carmio;  Kinderlê deur Lynthia Julius; Prune like a pro deur Anton Roux en SAPPI Tree spotting-reeks; Prescription: Ice Cream deur Allister McAlpine; Wake up, this is Joburg deur Tanya Zack en Mark Lewis; Wat sê Bettina? deur Bettina Wyngaardt. AJ Opperman vertel van Wilma Stockenström, wat in Augustus 91 jaar oud geword het. In Johan Myburg se insetsels uit die internasionale boekewêreld kan meer uitvind oor vier nuwe oudioboeke, Peggy, ‘n roman geskoei op die lewe van Marguerite Guggenheim, en Salley Rooney se nuwe roman Intermezzo. Jy kan ook uitvind wie vanjaar se ATKV-Woordveertjiefinaliste is. In die bonusdeel van hierdie potgooi kan jy luister na ‘n dokumentêr wat Ina Strydom saamgestel het vir Wilma Stockenström se 85e verjaarsdag.
  • Facebook
  • X (Twitter)
  • WhatsApp
  • Email
  • Download

In 1 playlist(s)

  1. Skrywers en Boeke

    639 clip(s)

Skrywers en Boeke

n Program oor skrywers en digters en die boeke wat hulle skryf.
Social links
Recent clips
Browse 639 clip(s)