Ilse Salzwedel gesels met Kevin van Wyk, skrywer van CHRIS VAN WYK: IRASCIBLE GENIUS, ‘n biografie oor sy bekende skrywerspa. Johan Myburg stel ons voor aan Han Kang, vanjaar se wenner van die Nobelprys vir Letterkunde, en vertel ook meer oor Alan Hollinghurst se nuwe roman OUR EVENINGS. Daar is meer oor die wenners van vanjaar se ATKV-Kinderboektoekennings, en Christina Simelane vertel van haar droom om ‘n volwaardige biblioteek in die Daantjie-nedersetting buite Mbombela te vestig. Haar harde werk hier en met haar RAISE A READER-platform, het vanjaar aan haar die ATKV se Toekenning vir Leesbevordering besorg. POTGOOI-BONUSINHOUD: Jy kan luister na ‘n volledige onderhoud wat Christelle Webb-Joubert met Chris van Wyk in 2010 met gevoer het. Daarin gesels hulle o.a. oor sy kinderboeke, en oor sy outobiografiese boek, EGGS TO LAY, CHICKENS TO HATCH. (Dis in Afrikaans vertaal as ‘N HOENDER WAT ‘N EIER NIE KAN LÊ.)