
Skrywers en Boeke
n Program oor skrywers en digters en die boeke wat hulle skryf.Social links:

Skrywers en boeke: Hulde aan Linda Rode; Chris Vorster oor TOBIE
21 Oktober 2026: Die kinderboekkenner, skrywer en vertaler, Linda Rode, is onlangs oorlede. Luister na ‘n onderhoud wat Ilse Salzwedel in 2014 met haar gevoer het. Die akteur, skrywer en akademikus, Chris Vorster, gesels oor sy biografie van Tobie Cronjé, TOBIE. Johan Myburg berig oor nog ‘n letter…
51:54
Skrywers en boeke: Jean Cooper (WAAR DIE TEERPAD OPHOU); Nederlandse digter Mustafa Stitou
14 Oktober 2026: Ilse Salzwedel gesels met Jean Cooper oor sy boek, WAAR DIE TEERPAD OPHOU, waarin hy skryf oor sy 80 dae per motorfiets deur Afrika. Dr. Marni Bonthuys van die UWK gesels met die besoekende Nederlandse digter, Mustafa Stitou. Johan Myburg het ook vier insetsels oor die internasiona…
52:17
Skrywers en boeke: Bekroningsplegtigheid van SA Akademie vir Wetenskap en Kuns
7 Oktober 2026: Die Suid-Afrikaanse Akademie vir Wetenskap en Kuns bekroon jaarliks uitsonderlike werk in die Afrikaanse letterkunde. Ons neem jou saam na vanjaar se bekroningsaand. Die digters Lynthia Julius (KINDERLê) en Alwyn Roux (WEERSKYN) is vanjaar die gesamentlike wenners van die Eugene Mar…
49:40
Skrywers en boeke: Joan Hambidge se 70e verjaarsdagviering by Tuin van Digters
30 September 2026: Die digter en akademikus Joan Hambidge se 70e verjaarsdag is tydens die onlangse Tuin van Digters by die Breytenbachsentrum op Wellington gevier. Ons luister na ‘n geredigeerde weergawe van hierdie huldigingsgeleentheid. Dis saamgestel deur prof. Karen de Wet van die Universiteit…
51:58
Skrywers en boeke: Loftus Marais oor Karel Schoeman-biografie DAARDIE LEWE
23 September 2026: Loftus Marais gesels oor Karel Schoeman se biografie, DAARDIE LEWE. Vind meer uit oor die boeke wat vanjaar bekroon is met ATKV Woordveertjies. Johan Myburg bring hulde aan die skrywers Bonnie Greer en Annie Dillard, wat onlangs oorlede is, en vertel meer oor die langlys vir die …
52:32
Skrywers en boeke: Henda Olivier (DONKERHART); Erla Diedericks (JAGSPINNEKOP)
16 September 2026: Aanhangers van die Gruffalo (Goorgomgaai in Afrikaans) sal bly wees om te hoor daar is ‘n splinternuwe boek in dié reeks, GRUFFALO GRANNY. Ilse Salzwedel gesels met Henda Olivier oor haar spannende roman, DONKERHART. Erla Diedericks vertel meer oor JAGSPINNEKOP, haar jongste roma…
48:45
Skrywers en boeke: UJ-Pryse vir Afrikaans en Literêre Vertaling
8 September 2026: Die Universiteit van Johannesburg se pryse vir Afrikaans en die vertaalprys is op 4 September aan die wenners oorhandig. Luister na ‘n geredigeerde weergawe van dié geleentheid om te hoor wat die keurpaneel te sê gehad het oor Antjie Krog se BINNERYM VAN BLOED, Shane van der Hoven…
54:35
Skrywers en boeke: Olive Schreiner se VAN MAN TOT MAN; Stefaans Coetzee; M.E.R.
2 September 2026: Prof. Marni Bonthuys gesels oor VAN MAN TOT MAN, ‘n voorheen ongepubliseerde roman van Olive Schreiner was pas in Afrikaans verskyn het. J.M. Coetzee het die oorspronklike teks verwerk, en Antjie Krog het dit in Afrikaans vertaal. Johan Myburg vertel hoe Dolly Parton – wat verlede…
54:02
Skrywers en boeke: Elmarie Dercksen - Wat Die Witbors Wou Sê
26 Augustus 2026: Elmarie Dercksen gesels oor haar tweede roman, WAT DIE WITBORS WOU SÊ. Johan Myburg het nuus oor internasionale boeke, soos DREAM COUNT van Chimamanda Ngozi Adichie, Rachel Cusk se nuwe roman LIFE OF M, THE SCHOOL OF NIGHT van Karl Ove Knausgård, en DISCONTENT van Beatriz Serrano.…
47:03
Skrywers en boeke: Carel van der Merwe
19 Augustus 2026: Carel van der Merwe is bekend as bekroonde skrywer van nie-fiksie. Hy gesels oor sy loopbaan en DIE SERWIËR, ‘n spanningsroman uit sy pen. Ons kyk na die finaliste vir die gesogte KykNET/Rapport-boekpryse. Johan Myburg het heelwat nuus uit die internasionale boekewêreld. Uit Austr…
42:55