

Skrywers en boeke: Bettina Wyngaard (1971 – 2026)
29 Julie 2026: ‘n Huldigingsprogram vir die skrywer en aktivis, Bettina Wyngaard, wat op 24 Julie oorlede is. Kerneels Breytenbach, Ingrid Jones, Marni Bonthuys, Fourie Botha, Suzette Myburg, Naomi Bruwer, Hein Willemse, Mercy Kannemeyer en Theo Kemp deel hulle herinneringe aan Bettina, en gesels o…

Skrywers en boeke: Allen Grootboom - AS DIE VUUR HUIL
22 Julie 2026: Suzette Myburg gesels met die skrywer Allen Grootboom oor sy debuutroman, AS DIE VUUR HUIL. Ilse Salzweddel praat met Anchen Conradie oor twee belangrike boeke wat gemik is op jong kinders. Die een handel oor emosies (MY GEVOELENS DAGBOEK), en die ander een (SKERMSLIM) gee handige ra…

Skrywers en boeke: Daniëlla van Heerden; Jeanne Goosen
15 Julie 2026: Ilse Salzwedel gesels met Daniëlla van Heerden oor haar bundel onderhoude met ma’s, DIE HART VAN ‘N MA. Johan Myburg bring hulde aan die Iranese vroueskrywer, Shahrnush Parsipur, en vertel meer oor Tom Stoppard se nalatenskap. Hy het ook nuus oor 'n hele klomp nuwe boeke deur bekende…

Skrywers en boeke: Theolla Langenhoven; Annemarie van Niekerk
8 Julie 2026: Suzette Myburg gesels met Theolla Langenhoven oor haar treffende debuutroman, SOET ROOS VAN SARON. Annemarie van Niekerk vertel vir Ilse Salzwedel meer oor haar debuutroman, DIE OORKANT, en haar bekroonde memoir, ONDER ‘N BLOEDROOI HEMEL. In Johan Myburg se wêreldbydraes kan jy meer u…

Skrywers en boeke: Zelda Bezuidenhout & Naomi Morgan
1 Julie 2026: Ilse Salzwedel vra Zelda Bezuidenhout uit oor haar roman, MEI EN ALLES DAARNA, en haar jeugroman, DIE TUSSENINNERS, waarmee sy ‘n tweede plek losgeskryf het in LAPA se jeugromankompetisie. Die Franse kenner, prof. Naomi Morgan, gesels oor die immergewilde verhaal van DIE KLEIN PRINSIE…

Skrywers en boeke: Irma Joubert & Alwyn Roux
24 Junie 2026: Alwyn Roux, die medewenner van vanjaar se Eugene Maraisprys, gesels oor sy digbundel, WEERSKYN, en vertel ook meer oor MERANG, waarvan hy medesamesteller was. Irma Joubert vertel van die storie agter die storie in haar jongste roman, REBEKKA VAN KAMEELDOORNPLAAS. Johan Myburg stel on…

Skrywers en boeke: Portchie oor sy outobiografie, VAN TWEELING TOT TRAFALGAR SQUARE
17 Junie 2026: Francois Bekker gesels oor drie nie-fiksie boeke wat hy kan aanbeveel - VALSKERMBATALJONVERHALE, saamgestel deur Mike Bolhuis, PARLEMENTPRAATJIES deur Pieter Mulder en MY LIFE deur Bill Clinton. Johan Myburg vertel meer oor die Booker-stigting se nuwe kortverhaalbundel, ALL AROUND T…

Skrywers en boeke: Nuwe romans van Rudie van Rensburg, Irna van Zyl & Anton Roodt
9 Junie 2026: Rena Rauch gesels oor haar aangrypende debuutroman, BEAUTY. Francois Bekker gesels oor Irna van Zyl se KANNIEDOOD, Rudie van Rensburg se ENIGMA en Anton Roodt se AAN DIE HEMELTRANS. Johan Myburg sorg vir drie bydraes uit die internasionale letterkunde: die wenners van die James Tait B…

Skrywers en boeke: Lynthia Julius, medewenner van Eugene Maraisprys vir poësie
3 Junie 2026: Ilse Salzwedel gesels met die digter Lynthia Julius, wat onlangs aangewys is as die medewenner van die Eugene Maraisprys vir poësie. Gielie Hoffman gesels met Frederick Botha, skrywer van SEUNS WEET, oor sy debuut. Johan Myburg vertel meer oor die wenner van die tweede Climate-fiksiep…

Skrywers en boeke: Anoeschka von Meck oor TWA DIE TYDLOPER; Laaste slypklasse vir radiodramaskrywers
27 Mei 2026: Ilse Salzwedel gesels met Anoeschka von Meck oor haar boek, TWA DIE TYDLOPER. Johan Myburg het bydraes oor die wenners van twee gesogte internasionale letterkundepryse, die Dylan Thomas-prys en die Booker International. Hy gesels ook oor nuwe boeke vir jou leeslysie. Vir radiodramaskry…