Skrywers en BoekeSkrywers en Boeke

Skrywers en boeke 4 Maart 2026

View descriptionShare
Sowat 70% van Suid-Afrika se Graad 1 tot 3 leerders se leesvaardigheid is nie op peil nie, en byna ‘n kwart van leerders in sekere taalgroepe kan teen Graad 3 nog nie lees nie. Ilse Salzwedel wil by drie kenners weet waar die fout lê: by die regering, onderwysers of ouers? Sy praat met hulle oor die krisis, en hulle deel ook handige wenke vir ouers, onderwysers en versorgers om kinders te help om beter te lees. Die kenners is Christien Neser (spraakterapeut en skrywer van 20 kinder- en jeugboeke), emeritus-professor Michael le Cordeur (‘n kenner in opvoedkunde) en Chareldine van der Merwe van die Vriende Van Afrikaans (VVA), ‘n nie-winsgewende organisasie wat die afgelope dertig jaar al leesvaardighede onder Afrikaanse kinders landswyd bevorder.
  • Facebook
  • X (Twitter)
  • WhatsApp
  • Email
  • Download

In 1 playlist(s)

Skrywers en Boeke

n Program oor skrywers en digters en die boeke wat hulle skryf.
Social links
Recent clips
Browse 709 clip(s)