Ilse Salzwedel gesels met Tom Dreyer, wie se debuutbundel, NOU IN INFRAROOI, onlangs met die Hertzogprys bekroon is. Jy kan ook hoor hoe klink van die gedigte uit die bundel. In Johan Myburg se drie insetsels uit die internasionale boekewêreld, kan jy meer uitvind oor die Miguel de Cervantes-prys vir Spaanse letterkunde. Hy vertel ook meer oor Marcia Hutchinson, ‘n 63-jarige vrou van Nigerië, wie se debuutroman gekortlys is vir die gesogte Women’s Prize for Fiction. Johan bring ook hulde aan die Australiese skrywer, David Malouf, wat onlangs oorlede is. Daar is nuus oor die Dalene Matthee-boekefees op Herold in die Outeniqua-berge. Ina Strydom gee in twee insetsels goeie skryfraad vir almal wat ‘n radiodrama wil skryf.