24 Junie 2026: Alwyn Roux, die medewenner van vanjaar se Eugene Maraisprys, gesels oor sy digbundel, WEERSKYN, en vertel ook meer oor MERANG, waarvan hy medesamesteller was. Irma Joubert vertel van die storie agter die storie in haar jongste roman, REBEKKA VAN KAMEELDOORNPLAAS. Johan Myburg stel ons voor aan die wenners van die Women’s Prize se fiksie en nie-fiksieprys. Hulle is Lyse Doucet vir THE FINEST HOTEL IN KABUL: A PEOPLE'S HISTORY OF AFGHANISTAN (nie-fiksie) en Virginia Evans met THE CORRESPONDENT (fiksiewenner). Johan het ook nuus oor Kazuo Ishiguro se nuwe roman, MISS LAMBERT STEPS ABOARD DANGER. Aanhangers van Cormac McCarthy sal bly wees om te hoor van Tracy Daugherty se nuwe biografie oor hom.