



Skrywers en boeke: Joan Hambidge se 70e verjaarsdagviering by Tuin van Digters
30 September 2026: Die digter en akademikus Joan Hambidge se 70e verjaarsdag is tydens die onlangse Tuin van Digters by die Breytenbachsentrum op Wellington gevier. Ons luister na ‘n geredigeerde weergawe van hierdie huldigingsgeleentheid. Dis saamgestel deur prof. Karen de Wet van die Universiteit…

Skrywers en boeke: Loftus Marais oor Karel Schoeman-biografie DAARDIE LEWE
23 September 2026: Loftus Marais gesels oor Karel Schoeman se biografie, DAARDIE LEWE. Vind meer uit oor die boeke wat vanjaar bekroon is met ATKV Woordveertjies. Johan Myburg bring hulde aan die skrywers Bonnie Greer en Annie Dillard, wat onlangs oorlede is, en vertel meer oor die langlys vir die …

Skrywers en boeke: Henda Olivier (DONKERHART); Erla Diedericks (JAGSPINNEKOP)
16 September 2026: Aanhangers van die Gruffalo (Goorgomgaai in Afrikaans) sal bly wees om te hoor daar is ‘n splinternuwe boek in dié reeks, GRUFFALO GRANNY. Ilse Salzwedel gesels met Henda Olivier oor haar spannende roman, DONKERHART. Erla Diedericks vertel meer oor JAGSPINNEKOP, haar jongste roma…

Skrywers en boeke: UJ-Pryse vir Afrikaans en Literêre Vertaling
8 September 2026: Die Universiteit van Johannesburg se pryse vir Afrikaans en die vertaalprys is op 4 September aan die wenners oorhandig. Luister na ‘n geredigeerde weergawe van dié geleentheid om te hoor wat die keurpaneel te sê gehad het oor Antjie Krog se BINNERYM VAN BLOED, Shane van der Hoven…

Skrywers en boeke: Olive Schreiner se VAN MAN TOT MAN; Stefaans Coetzee; M.E.R.
2 September 2026: Prof. Marni Bonthuys gesels oor VAN MAN TOT MAN, ‘n voorheen ongepubliseerde roman van Olive Schreiner was pas in Afrikaans verskyn het. J.M. Coetzee het die oorspronklike teks verwerk, en Antjie Krog het dit in Afrikaans vertaal. Johan Myburg vertel hoe Dolly Parton – wat verlede…

Skrywers en boeke: Elmarie Dercksen - Wat Die Witbors Wou Sê
26 Augustus 2026: Elmarie Dercksen gesels oor haar tweede roman, WAT DIE WITBORS WOU SÊ. Johan Myburg het nuus oor internasionale boeke, soos DREAM COUNT van Chimamanda Ngozi Adichie, Rachel Cusk se nuwe roman LIFE OF M, THE SCHOOL OF NIGHT van Karl Ove Knausgård, en DISCONTENT van Beatriz Serrano.…

Skrywers en boeke: Carel van der Merwe
19 Augustus 2026: Carel van der Merwe is bekend as bekroonde skrywer van nie-fiksie. Hy gesels oor sy loopbaan en DIE SERWIËR, ‘n spanningsroman uit sy pen. Ons kyk na die finaliste vir die gesogte KykNET/Rapport-boekpryse. Johan Myburg het heelwat nuus uit die internasionale boekewêreld. Uit Austr…

Skrywers en boeke: Wenners van LAPA-jeugromankompetisie; Martin Versfeld 115 jaar
12 Augustus 2026: Anschen Conradie gesels oor die wenners van die LAPA-jeugromankompetisie. (Fanie Viljoen se DIE SEUN MET DIE SWAELTJIE, Zelda Bezuidenhout se DIE TUSSENINNERS, en DIE FLUISTERAAR deur Jacolet van den Bergh.) Sy vertel ook meer oor drie boeke vir jonger kinders: Hannes Barnard se G…

Skrywers en boeke: Nie-fiksie boeke; Zirk van den Berg
5 Augustus 2026: Anschen Conradie gesels oor vier nie-fiksie boeke wat sy kan aanbeveel: Graham Coetzer se ZAMA ZAMA, Ryan Blumenthal se TRACE, Dominique Olivier se LESSONS FROM LOSS en BETHULIE: MY LEWE IN DIE KAMP deur Rensche van der Walt. Zirk van den Berg gesels oor sy nuwe roman, MY SKADUWEE …

Skrywers en boeke: Bettina Wyngaard (1971 – 2026)
29 Julie 2026: ‘n Huldigingsprogram vir die skrywer en aktivis, Bettina Wyngaard, wat op 24 Julie oorlede is. Kerneels Breytenbach, Ingrid Jones, Marni Bonthuys, Fourie Botha, Suzette Myburg, Naomi Bruwer, Hein Willemse, Mercy Kannemeyer en Theo Kemp deel hulle herinneringe aan Bettina, en gesels o…