Daniël Lötter, skrywer van verskeie nie-fiksie boeke, gesels oor sy debuutroman, WAAR DIE LAMMERS NIE SUIP NIE. Phyllis Green, SARIE se boekeredakteur, gesels oor twee boeke wat sy kan aanbeveel: Christiaan Bakkes se roman SOETDORING IN DIE RUIGTES en THE RIFT – SCAR OF AFRICA, ‘n koffietafelboek deur Shem Compion. Jy kan ook ‘n kort voorlesing hoor uit Christiaan se roman. Kom vind uit watter skrywers is op die kortlys vir LAPA se Jeugromankompetisie. Daar is ook drie internasionale bydraes deur Johan Myburg. Hy vra die vraag of boeke werklik verfilmbaar is, en vertel hoe die Nobelpryswenner Ohran Pamuk oor filmmakers se kreatiewe vryheid voel. Johan vertel ook meer oor die Amerikaanse aktrise, Viola Davis, se eerste roman, wat sy saam met die bekende James Patterson geskryf het. Jy kan ook meer uitvind oor die biografie van Gisèle Pelicot, die Franse vrou wie se man haar bedwelm het en deur talle ander mans seksueel laat misbruik het.