Skrywers en BoekeSkrywers en Boeke

Skrywers en boeke 8 April 2026

View descriptionShare
Ilse Salzwedel gesels met Lizette Rabe oor haar boek, 101 REMARKABLE SOUTH AFRICAN WOMEN, en vra haar ook uit na die vaardighede wat ‘n goeie skrywer en joernalis nodig het. Daar is meer oor die finaliste vir vanjaar se Tafelberg Jeugboekpryse, wat verlede week aangekondig is. Johan Myburg vertel meer oor die ses boeke op die kortlys vir die International Booker, en in sy tweede bydrae kan jy luister na ‘n kort uittreksel uit ‘n onderhoud waarin Arundhati Roy, wat onlangs aangewys is wenner van die Amerikaanse National Book Critics Award vir haar memoir, gesels oor MOTHER MARY COMES TO ME. Jy kan ook luister na ‘n kort uittreksel uit ‘n onderhoud wat Suzette Myburg verlede jaar gevoer het met Reginald Hufkie, ook bekend as Reggie Peace, oor sy boek VREDEMAKER. Dis aangewys as een van drie finaliste vir die Desmond Tutu Gerrit Brandprys vir Debuutwerke.
  • Facebook
  • X (Twitter)
  • WhatsApp
  • Email
  • Download

In 1 playlist(s)

Skrywers en Boeke

n Program oor skrywers en digters en die boeke wat hulle skryf.
Social links
Recent clips
Browse 714 clip(s)