Akademikus, aktivis, die mense se digter, kultuurleier… Dit was Dr. Diana Ferrus, wat op 30 Januarie 2026 oorlede is. Sy was 72 jaar oud. Ilse Salzwedel het ‘n huldeblyk saamgestel oor haar lewe en werk. Verskeie mense deel hulle herinneringe aan hulle vriendin en mentor: Dr. Nico Koopman, prof. Steward van Wyk, die skrywer Ena Jansen, die skrywer Anzil Kulsen, Chareldine van der Merwe van die VVA, Anneghret Erasmus, bekroonde skrywer Gariyah Fredericks, bekroonde digter Lynthia Julius en Theo Kemp, hoof van die Jakes Gerwel-stigting.