Ilse Salzwedel gesels met Martin Steyn oor sy bundel kortverhale, SKIMME EN SPOORSOEKERS. Die resensent, Jannes Erasmus, praat oor vier boeke wat hy kan aanbeveel - DRIE MISDADE IN ‘N KNOOP, VOLMAAN IN BAVIAANSKLOOF, DIE AVONTURE VAN HELGA ROETS en EINDE EN BEGIN. Johan Myburg vertel hoekom Amazon aan die Parys-boekefees in Frankryk onttrek het, en stel ons voor aan die Guyanese skrywer en digter David Dabydeen. Jy kan ook meer uitvind oor ‘n nuwe biografie oor Yoko Ono, John Lennon se weduwee en ‘n bekende kunstenaar uit eie reg.