Albé Grobbelaar, bekend vir sy HISTORIESE ALMANAK-bydraes op RSG, gesels oor die gelyknamige boek wat onlangs uit sy pen verskyn het. Die skrywer, Sjaka Septembir, gesels oor sy jongste roman, DHARMA-DWAAS IN DOODLOOPSTRAAT, en vertel hoekom randfigure en kontra-kultuur hom so fassineer. Jy kan ook luister na vyf bydraes uit die internasionale boekewêreld. Johan Myburg het nuus oor die langlyste van drie belangrike letterkundepryse: die International Booker-, die Womens Prize for Fiction, en die Dublin-letterkundeprys. Jy kan ook meer uitvind oor A FAMILY MATTER, die wenner van vanjaar se Gold Nero-prys. Johan bring ook hulde aan die skrywer, Dan Simmins, wat onlangs oorlede is.