Geskiedkundige Karen Horn vertel vir Ilse Salzwedel meer oor haar boek, IN ENEMY HANDS, waarin sy die verhale vertel van ‘n klomp Suid-Afrikaanse krygsgevangenes wat in die Tweede Wêreldoorlog gevange geneem is. Johan Myburg vertel meer oor die wenner van die Nero-prys vir fiksie, en die wenner van die T.S. Eliot-prys vir poësie. Jy kan ook meer te wete kom oor die sangeres Dolly Parton se internasionale Imagination Library-boekprojek. En as jy dit oorweeg om in te skryf vir RSG se 2026-radiodramakompetisie, hoor wat se Jana Nortier, wat die derde prys verower het, J.J. Roberts (jong skrywer van die jaar) en Morné Malan, vanjaar se merieteprys-wenner.