Skrywers en BoekeSkrywers en Boeke

Skrywers en boeke 19 Junie 2024

View descriptionShare
Ilse Salzwedel gesels met Hettie Scholtz, een van die staatmakers in die Afrikaanse uitgewersbedryf – eers as uitgewer, later as boekjoernalis en vir die laaste dekade as die sameroeper van die KykNET/Rapportboekpryse, die belangrikste Afrikaanse letterkundepryse. Hettie was vir jare aan die hoof van HAUM-Literêr en was die stigter-eienaar van Quellerie Uitgewers. Skrywers soos Marlene van Niekerk se TRIOMF en verskeie van Jeanne Goosen se werke is deur Hettie uitgegee, en sy was instrumenteel in talle bekende skrywers se loopbane. Johan Myburg vertel meer oor DUSKLANDS, J.M. Coetzee se eerste roman wat vanjaar 50 jaar gelede verskyn het. Jy kan ook luister hoe Coetzee ‘n kort stukkie voorlees uit sy 2013-roman THE CHILDHOOD OF JESUS.
  • Facebook
  • X (Twitter)
  • WhatsApp
  • Email
  • Download

In 1 playlist(s)

  1. Skrywers en Boeke

    622 clip(s)

Skrywers en Boeke

n Program oor skrywers en digters en die boeke wat hulle skryf.
Social links
Recent clips
Browse 622 clip(s)