Suzette Myburg praat met Reginald Hufkie, ‘n suksesvolle akteur wat ewe bekend is as die musikant Reggie Peace, oor sy inspirerende lewensverhaal, VREDEMAKER. Ons onthou vir JEANNE GOOSEN, wat op die 13e Julie haar verjaarsdag sou vier. Johan Myburg het nuus van regoor die boekewêreld. Hy gesels oor die invloed van kunsmatige intelligensie op letterkundige vertaling, die wenner van vanjaar se PEN Pinterprys, en ‘n groot letterkundige prys spesiaal vir skrywers uit Brics-lande.