Skrywers en BoekeSkrywers en Boeke

Skrywers en boeke 12 Februarie 2025

View descriptionShare

Skrywers en Boeke

n Program oor skrywers en digters en die boeke wat hulle skryf.
711 clip(s)
Loading playlist
Jeremy Veary is nie net ‘n bekende oud-polisieman nie, maar ook ‘n gerekende skrywer. Ilse Salzwedel gesels met hom oor sy biografiese boeke (JEREMY VANNIE ELSIES en INTO DARK WATER) en sy jongste boek, ‘n historiese roman getiteld ROOISAND: DIE VERHAAL VAN DIRK ARUSEB EN DIE BONDELSWARTS. Die digter, liedjieskrywer en TV-draaiboekskrywer, Rosa Keet, het vandeesweek haar 80e verjaarsdag gevier, en draaiboekskrywer en aktrise Henrietta Gryffenberg bring hulde aan haar mentor en voormalige kollega. Johan Myburg het nuus oor die jongste verwikkelinge met die Kanadese Giller-letterkundeprys, en gesels oor Anne Tyler se nuwe roman, THREE DAYS IN JUNE. (En hy het ‘n heerlike brokkie inligting oor wyle Jeanne Goosen.)  Alma Swart, organiseerder van die Umuzi Lees- en Kosfees wat van 27 Februarie tot 1 Maart in Secunda gehou word, vertel waarna boekliefhebbers tydens die fees kan uitsien.
  • Facebook
  • X (Twitter)
  • WhatsApp
  • Email
  • Download

In 1 playlist(s)

Skrywers en Boeke

n Program oor skrywers en digters en die boeke wat hulle skryf.
Social links
Recent clips
Browse 711 clip(s)