Ilse Salzwedel gesels met SJ Naude, wat onlangs vir die tweede keer met die Hertzogprys bekroon is vir sy bundel kortverhale, DOL HEUNING. Barend Vos, skepper van die humoristiese GROOTSEUNSTORIES en vier romans, gesels oor die uitdagings van skryf in verskillende genres. In die weeklikse radiodramaslypklas gee Ina Strydom raad oor karakters en karakterisering. Johan Myburg gesels oor Elspeth Barker, skrywer van O CALEDONIA, wat onlangs oorlede is, nog ‘n letterkundeprys vir Arundhati Roy, en SEA OF TRANQUILITY, ‘n nuwe wetenskapsfiksieroman uit die pen van Emily St. John Mandel.