

IDAHOBIT 2026: At the Heart of Democracy
Renaldo Schwarp is die kurator van ‘n kunsuitstalling van ‘n ander aard by die Goethe-Institut in Johannesburg. Die uitstalling bou voort op 'n oop versoek wat meer as 250 voorleggings van kreatiewe persone in 22 Afrikalande ontvang het - insluitend streke waar LGBTQ+ identiteite steeds gekriminali…

Waarheen vandag: Rheenendal
Chris Pyler is die skoolhoof op Rheenendal, Hy vertel wat Dalene Matthee gemeen het met dié plek. Ons leer meer oor Jubilee Creek, die Goudveld en die sogenaamde Knysnabos.

Sterre in die kombuis: Bok van Blerk
Bok van Blerk vier vanjaar 20 jaar sedert sy opspraakwekende debuutliedjie, De La Rey. Hy vertel hoe lief hy vir die natuur is, en sy kinders grootmaak met daardie liefde. Roger Whittaker is die musiek waarmee hy grootgeword het. Hy deel ’n resep vir wildsfilet.

Augrabies in vloed
Die Augrabies Nasionale Park is in 1966 gestig om die omgewing te beskerm. Die Oranjerivier is tans in vloed, en soos die Nama-mense dit genoem het “Die plek van die groot geraas” is dit tans ‘n skouspel soos min. Johan Rademan het met Sonel van As en Mike Spies oor die bykans 58 meter hoë natuurwo…

Gamtoosvallei-oorstromings
Die Gamtoosvallei gaan tans onderbuk van vloede en oorstroming. Nicola Uys van die Gamtoostoerismekantoor vertel van haar ervaring midde in die vloede.

Waarheen vandag? 9 Mei 2026
Erica Calitz van Calitzdorp het 'n staproete, naamlik die Donkey Trail, in die omgewing begin om seuns op te hef wat sonder vaders grootword. Donkies word ingespan om stappers se bagasie te dra en die seuns, wat opgelei is as gidse, vergesel die stappers.

Sterre in die kombuis 9 Mei 2026
Ds. Liesel Krause-Wiid praat met Elsje van Jaarsveld oor haar uiteenlopende loopbaan as predikant, besigheidsvrou, skrywer en spreker. Sy deel ook 'n resep vir 'n beesstertkasserol wat sy onthou uit haar kinderjare.

Blommerangskikkingwerkswinkel by NG Kerk Pinetown
Die NG Kerk Pinetown hou vandag 'n klereverkoping en bied 'n blommerangskikkingwerkswinkel aan om fondse in te samel vir behoeftiges in die gemeenskap. Margaret Stoop vertel wat dit alles behels.

Jacaranda Beetle Club
Die Jacaranda Beetle Club en Solidariteit Helpende Hand span kragte saam om 'n opwindende dag vir Moederdag op 10 Mei by die Voortrekkermonument aan te bied. 23 Volkswagenkewers sal op uitstalling wees en heerlike versannering word verkoop. Komberse word ingesamel vir hulpbehoewendes. Liani Louw …

Jos Sutmuller se liefde vir Afrikaans
Die Nederlander, Jos Sutmuller, besoek Suid-Afrika gereeld omdat hy ‘n groot liefde vir Afrikaans ontwikkel het, danksy Juanita du Plessis. Hy praat oor die Afrikaanse kursusse wat hy bygewoon het, en waarom hy lief is vir die kunstefeeste in Suid-Afrika.