MV26: MK party dank sekretaris-generaal af

 

Die MK-party het sy sekretaris-generaal, Sibonelo Nomvalo, uit sy pos verwyder. Die aankondiging kom minder as twee weke voor die plaaslikeregeringsverkiesing op 4 November.

En die gewese burgemeester van die Steve Tshwete-munisipaliteit in Middelburg in Mpumalanga, Mike Masina, sê sy nuwe party, Hope of Residents, sal in 29 wyke in die Nkangala-distrik aan die plaaslikeregeringsverkiesing deelneem.