MV26: Fikile Mbalula sê dit sal rampspoedig vir die ANC wees indien sy appèl oor kandidaatlyste misluk.

 

Die ANC se sekretaris-generaal, Fikile Mbalula, sê dit sal vernietigend vir die party wees indien sy appèl oor kandidaatlyste in die Konstitusionele Hof misluk. 181 ANC-kandidate vir die plaaslike verkiesing in November in ses munisipaliteite in die Oos-Kaap, Vrystaat en KwaZulu-Natal is nie betyds ingedien op die Verkiesingskommissie se aanlyn stelsel nie. 

Die Inkatha-vryheidsparty sê hy gaan die eThekwini-munisipaliteit, wat Durban insluit, se waterprobleme voorop stel indien hy verkies word. 

Die hoofsekretaris van die SA Kommunistiese Party, Solly Mapaila, het die party se Rooi Oktober-veldtog bekend gestel in Komga in die Oos-Kaap. Die SAKP wil werkers en arm gemeenskappe mobiliseer voor die verkiesing op 4 November.