MV26: Geordin Hill-Lewis, DA-leier, sê die party sal toesien dat veiliger gemeenskappe in die Wes-Kaap geskep word.

 

Die DA-leier en burgemeesterskandidaat vir Kaapstad, Geordin Hill-Lewis, sê hulle sal toesien dat veiliger gemeenskappe in die Wes-Kaap geskep word om beleggingsgeleenthede te lok en werkgeleenthede te skep, sou hulle verkies word. Hy het duisende DA-ondersteuners toegespreek tydens die party se finale verkiesings-saamtrek in Belhar, Kaapstad.