MV26: Die IVP se president vra vir strenger straf vir skuldiges aan geslagsgeweld
Die president van die IVP, Velinkosini Hlabisa, het 'n oproep gedoen vir 'n verenigde front en strenger straf vir skuldiges aan geslagsgeweld. Hlabisa het die skare toegespreek in Durban by die bekendstelling van die party se manifes vir die Ethekwini-munisipaliteit.



