MV26: Kiesers kan aansoek doen vir spesiale stemme en die ANC ondersoek nog die laat-indiening van kandidatelyste
Die Verkiesingskommissie het bevestig dat aansoeke vir spesiale stemme vir die komende plaaslike regeringsverkiesing oop is tot 12 Oktober.
Die president van die ANC, Cyril Ramaphosa sê aanspreeklikheid sal geëis word nadat sekere van die party se kandidatelyste vir die komende plaaslike regeringsverkiesings nie betyds by die Verkiesingskommissie ingedien is nie.



