MV26:Die DA wil veiligheid in Ekurhuleni verbeter, en die Good-party maak sy manifes vir Kaapstad bekend
Die DA-leier, Geordin Hill-Lewis sê inwoners van Ekurheleni in Gauteng sal veiliger wees indien die DA die Metro regeer. Hy het inwoners van Tsakane toegespreek, nadat die liggame van nege vroue sedert Julie in die Metro gevind is. Hill-Lewis se besoek vorm deel van die DA se veldtog in die aanloop tot die plaaslike regeringsverkiesing in November.
Die Good-party sal vandag sy manifes vir die Kaapstadse Metro vir die plaaslike regeringsverkeising in Athlone op die Kaapse Vlakte bekendmaak. Die party het in die verkiesing in 2021 nege setels in die Kaapstadse Metroraad gewen, met net meer as vier persent van die stemme.
Die Al Jama-ah-party het bekend gemaak dat Ashley Mama sy burgemeesterskandidaat vir Johannesburg in die komende plaaslikeregeringsverkiesing sal wees.



