MV26: Die DA wil party van belang wees in ANC saak teen OVK en die MKP verwyder sy burgemeesterskandidaat vir Ethekwini

 

Die DA se verteenwoordiger op die Verkiesingskommissie se skakelkomitee, Werner Horn, sê hulle het reeds hofdokumente ingedien om 'n party van belang te wees in die ANC se saak teen die Verkiesingskommissie. Die ANC is ontevrede met die OVK se besluit om nie sy kandidate te aanvaar in ses munispaliteite wat na die spertyd ingedien is nie. Horn voer aan dat spertye in 'n vry en regverdige verkiesing vir álle partye geld. 

Die MK-party het intussen sy burgemeesterskandidaat vir die Ethekwini-metro verwyder.  Zandile Hlophe-Mkhwanazi en 'n lid van die party se Kommunikasiekomitee, Sibonelo Maphumulo word daarvan beskuldig dat hulle met die party se kandidaatlyste gepeuter het wat twee weke gelede by die Verkiesingskommissie ingedien is.