MV26:Corné Mulder van VF Plus sê die party betree 'n nuwe era met meer steun van mense oor ras- en taalgrense heen.
Die Vryheidsfront Plus sê hy betree 'n nuwe era met die party wat toenemend steun van mense oor ras- en taalgrense heen ervaar. Die partyleier, Corné Mulder, sê hulle bly by hul beleid ondanks druk om van koers te verander namate die party se diversiteit uitbrei. Altesame 135 raadslidkandidate sal aan die komende plaaslike verkiesing in die Vrystaat deelneem, terwyl 15 in die Mangaung-metro sal staan. Mulder het Bloemfontein tydens sy verkiesingsveldtog besoek.



