Ruda gesels
Ruda Landman gesels met komediant Marc Lottering. Hulle praat oor alles en nog wat, hulle lag dikwels saam, maar daar is ook hier-en-daar 'n ernstige ondertoon. Kom leer die man agter Aunty Merle van nader ken – jy sal van hom hou.
Ruda gesels
Ruda Landman gesels met Helen Zille, premier van die Wes-Kaap. Hulle praat oor anoreksie, ma-wees, Steve Biko se dood, 'n onverwagte rol as politikus, en die plesier van tee in die bed op 'n Saterdagoggend.
Ruda gesels
Ruda gesels met Amy Kleynhans, wat in 1992 ons eerste gekleurde mej. Suid-Afrika was. Sy vertel van Nelson Mandela se oproep om haar geluk te wens, en die jarelange vriendskap wat daaruit gegroei het; van haar ma, wat haar geleer het dat verandering 'n avontuur is; haar man, wat sy as vennoot en me…
Ruda gesels
Ruda se gas is die joernalis en ontleder Max du Preez. Hy het in 1976 by Beeld begin werk. Loop saam met hom terug op die pad, en onthou hoe dit was en hoe dit verander het.
Ruda gesels
Ruda Landman gesels met Kay Karriem, die redaktrise van Kuier. Kay het voor 40 al drie beroertes gehad, maar niks kry haar onder nie. Sy is 'n mens op 'n missie om vir bruinvroue 'n platform van hulle eie te gee, waar hulle, soos sy sê, die hoofdis is, nie net bykos nie.
Ruda gesels
Ruda gesels met die beroemdste wit vrou in Suid-Afrika, Evita Bezuidenhout.
Ruda gesels
Ruda se gas, Patricia de Lille, is pas herverkies as Kaapstad se burgemeester. Sy het in die jare vyftig op Beaufort-Wes grootgeword en via 'n vakbond by die PAC uitgekom. “One settler one bullet” het oorgegaan in onderhandeling. Sy onthou die eerste keer toe sy by Kodesa oorkant Pik Botha en Roelf…
Ruda gesels
Ruda het twee gaste: Carike Keuzenkamp en Rachelle Greeff. Carike het 'n vriendin se pa 'n guns gedoen en 'n ster geword – die pa was Jamie Uys, die guns 'n groepstoneel in Die Professor en die Prikkelpop. Rachelle was huisgebonde ná 'n moeilike geboorte. “Wat kan 'n mens doen as jy moet lê? Toe sk…
Ruda gesels
Ruda Landman gesels met die voormalige Mej. Suid-Afrika, Wilma van der Bijl.
Ruda gesels
Ruda Landman gesels met die joernalis en skrywer Karin Brynard.