Olieproduksie bly hoog op die internasionale sake-agenda. Die Withuis het gister bevestig dat president Donald Trump ‘n nuwe ooreenkoms oorweeg, om die Straat van Hormoes te heropen. Daar is nog geen duidelikheid oor of die Amerikaanse president ‘n besluit geneem het hieroor nie. 20 persent van die wêreld se olie-uitvoere word nog gyselaar gehou, as gevolg van die voortgesette konflik. Die Verenigde Arabiese Emirate het ook gistermiddag aangekondig dat hulle amptelik op 1 Mei sal onttrek as 'n lidland van die Organisasie van Olie Uitvoerende Lande, oftewel OPUL. Wat gaan dit vir ons, hier in Suid-Afrika beteken? Die Sentrum vir Risiko-ontleding het ‘n breedvoerige dokument bekend gestel, wat die impak van verskeie gebeurlikhede in die wêreld se belangrikste geo-politieke kwelpunt bestudeer. Die Sentrum se direkteur, Chris Hattingh verduidelik.

Landbou organisasies reageer op Bek en Klouseer plan
11:45

Die Johannesburg Metro het 30 dae oor om hul Krediteure te betaal
06:31

Die DA se eerste stap om 'n einde te bring aan Swart Ekonomiese Bemagtiging
12:44