

Suid-Afrika veroordeel die VSA se optrede in Venezuela
Verskeie lande het gister tydens 'n noodvergadering van die Verenigde Nasies se Veiligheidsraad in New York, sterk teenkanting uitgespreek teen die Amerikaanse optrede waartydens die president van Venezuela, Nicolas Maduro en sy vrou, Cilia Florres, gevange geneem is. Die Russiese gesant by die Vei…

Politiek: Die DA se uitdagings in 2026
Die stof wil net nie gaan lê rondom die DA se afgedankte Minister van Omgewingsake, Dion George nie. Die jongste is dat George se opvolger, Willie Aucamp pas 'n saak by die Openbare Beskermer teen hom aanhangig gemaak het. Die OB is gevra om George se gedrag tydens sy laaste dae as minister te onde…

Watse Ekonomie lê op die horison vir 2026?
Luidens die jongste data deur die Sentrale Energiefonds kan motoriste in 2026 uitsien na noemenswaardige brandstofprys-verligting. Die petrolprys sal na verwagting met tussen 46 en 51 sent per liter daal, terwyl dieselgebruikers 'n meer dramatiese verlaging van 124 tot 136 sent per liter kan verwag…

Die Temple Boys maak hul merk by Rolprentfees
Die dokumentêr "Gham ,ons het lyn" vertel die storie van die musiekgroep, "die Temple Boys" wat in Ravensmead op die Kaapse vlakte grootgeword het. Dié fliek is onlangs by die "Africa Rising Internasionale Rolprentfees" vertoon, nadat dit sy debuut vroeër die jaar by die Silwerskermfees gemaak het.…

"Net n Kwessie van tyd voor Zama-Zama meesterbreine vasgetrek word"
Die nuutgestigde misdaadbestrydingspan wat ingryp om onwettige mynbou in die Bapong-gebied in Noordwes hok te slaan, het reeds meer as 20 verdagtes in hegtenis geneem tydens operasies in Sarajevo, Legalao-peng en Modderspruit. Die onwettige chroom-mynbedrywighede het onlangs eers die nuus gehaal, m…

‘n Kind moet eerder ‘n graad herhaal as om oorgeplaas te word
'n Nuwe studie deur die Universiteit Stellenbosch het bevind dat laerskoolleerlinge wat grade herhaal, beter presteer as dié wat na die volgende graad bevorder of oorgeplaas word. Die navorsing is in ses provinsies gedoen onder Graad 1 en Graad 4-leerlinge wat onderpresteer en dié wat net-net deurk…

”Dis skokkend dat Amerika hier in Suid Afrika visum-wette kan oortree”
So sê die politieke ontleder aan die Universiteit van Pretoria, Roland Henwood veral as mens in ag neem dat die Trump Administrasie so steng optree hieroor in die VSA. Die Amerikaanse regering vra nou klarigheid oor wat by sy vlugteling registrasie-sentrum in Johannesburg gebeur het, nadat die Suid…

Die Wes-Kaap polisie word steeds deur bendegeweld oorweldig.
Die Wes-Kaapse kwartaallikse misdaadsyfers vir die tydperk tussen Julie en September is gister bekendgemaak. Afpersing, bende- en taxigeweld is van die grootste misdaaddrywers in die provinsie. Die statistiek toon 'n toename van net meer as nege persent in moorde, met sowat 80 persent van die misda…

Skelms steel minerale onder gemeenskap se neuse ...
Ons het gister berig oor die Bapong-gemeenskap in Noordwes wat in vrees leef weens onwettige mynboubedrywighede in hulle gebied. Die ongemagtigde aktiwiteite het gelei tot watergevulde sinkgate naby hulle huise, wat ernstige veiligheidsrisiko's inhou. Gemeenskapslede sê die situasie het lewensgevaa…

Voortrekkermonument praat oor Geloftedag en Versoeningsdag
Nagenoeg 40 000 mense het "Geloftedag" by die Voortrekkermonument in Pretoria herdenk. Die dag was sover een van die grootste saamtrekke nog. Bykans 230 geloftefeeste het vanjaar landwyd plaasgevind en in die buiteland is dit op al sewe vastelande in 25 lande gevier, selfs in Antarktika Ons praat n…