KI-gelleterheid teen 2030 vir alle kinders in China, maar wat van SA?

 

China wil teen 2030 KI-geletterdheid onder alle skoolkinders vestig, om sy tegnologiese voorsprong bo die VSA te versterk. Daar is egter kommer dat leerders te afhanklik van kunsmatige intelligensie kan raak en hulle vermoë om selfstandig te dink, kan verloor. In Suid-Afrika word daar ook gewerk om KI in skole uit te brei, maar toegang tot tegnologie in sommige skole bly 'n uitdaging. Ons het 'n KI-spesialis by die Solidariteit Skoleondersteuningsentrum, Melanie Kroukamp daaroor gepols.