Die selfoonreus MTN het weer sy visier op Telkom gerig. Vier jaar nadat 'n vorige oorname-poging misluk het, is die twee maatskappye opnuut in voorlopige gesprekke gewikkel. MTN groei aansienlik stadiger in Suid-Afrika as in sy ander groot markte, Nigerië en Ghana, en 'n moontlike oorname van Telkom kan nuwe groei-geleenthede ontsluit. Ons het met 'n welvaartbestuurder by PSG Wealth, Chris Wehmeyer gepraat oor die waarskynlikheid dat dit hierdie keer 'n suksesvolle transaksie sal wees.




