Die hele land is vandag aangegryp deur die polisieduiker, wat met 'n tou tussen hemel en aarde aan 'n helikopter hang, terwyl daar 'n dooie krokodil onder hom aan die tou hang. Dié video wat sosiale media aan die gons het, wys die oomblik tot kaptein Pottie Potgieter saam met die dooie krokedil deur 'n helikopter van SANPARKE opgelig word uit die Komatierivier. Die vermoede op daardie stadium was dat die krokodil die vermiste Gabriel Batista gevreet het, wat vroeër deur die vloedwater in sy bakkie meegesleur is. Batista was die eienaar van die Border Country Inn op die grens van Mosambiek en Suid-Afrika. Kaptein Pottie Potgieter van die Mpumalanga duikeenheid sê dit maak nie aan hom saak wie jy is nie, hy gaan altyd sy bes probeer om iemand te vind, om berusting vir die familie te bring.

Landbou organisasies reageer op Bek en Klouseer plan
11:45

Die Johannesburg Metro het 30 dae oor om hul Krediteure te betaal
06:31

Die DA se eerste stap om 'n einde te bring aan Swart Ekonomiese Bemagtiging
12:44