Die Trump-administrasie beplan om sy Amerikaanse vlugtelingprogram te hersien, wat die algehele jaarlikse toelatings vir vlugtelinge drasties sal verminder. Indien die plan goedgekeur word sal seweduisend vlugtelinge uit die maksimum poel van sewe-duisend-vyfhonderd, Afrikaners moet wees. Donald Trump het 'n uitsondering vir Afrikaners gemaak wat volgens hom, rassediskriminasie in Suid-Afrika ervaar. Prominente wit Suid-Afrikaners het intussen 'n ope brief gerig, wat die narratief, dat Afrikaners as slagoffers van rassevervolging in Suid-Afrika uitbeeld, verwerp. Monitor het met Barend Le Grange, een van die ondertekenaars van die brief en die sameroeper van die Dialoog vir Aksie Netwerk, gepraat.

Iran sê hy gaan help om Suid-Afrikaners wat daar vasgekeer is terug te bring
11:54

KZn Melkboere wil hê hulle kuddes moet voorrang geniet tydens inentingsveldtog
02:30

Die EFF eis die inhegtenisneming van Paul O'Sullivan.
08:35