Die EFF sê hulle het aan die Speaker van die Nasionale Vergadering, Thoko Didiza, geskryf en geëis dat sy 'n strafregtelike klag teen privaatspeurder, Paul O'Sullivan, indien. O'Sullivan het uitgestap tydens die verrigtinge van die Ad Hoc-komitee, wat die bewerings van die KwaZulu-Natalse polisiekommissaris, Nhlanhla Mkhwanazi, ondersoek. Didiza sê in 'n verklaring sy sal oor moontlike stappe teen O'Sullivan besluit, sodra sy 'n verslag van die voorsitter van die Ad Hoc-komitee, Soviet Lekganyane, ontvang het. Ons het met 'n lid van die ad hoc-komitee, Ian Cameron gepraat, en sy mening is dat 'n strafregtelike klag dalk nie verwesenlik sal word nie.

Sanitêre doekies: Nie ‘n bron vir paniek nie, maar kanker skakel moet verder ondersoek word.
05:35

BRANDPUNT 25 Feb 2026: Spesiale Begrotings-rede program
14:39

Die Slag van Soutrivier: ‘n vergete deel van ons Erfenis
07:15