Die Irannese ambassade in Suid-Afrika, het beloof om saam met die Suid-Afrikaanse departement van Internasionale Betrekkinge en Samewerking te werk, om Suid-Afrikaners wat in Iran vasgekeer is, by te staan. Die lugruim in en om Iran is die afgelope naweek gesluit, nadat Amerika en Israel aanvalle op Iran uitgevoer het. Die woordvoerder van Internasionale Betrekkinge, Clayson Monyela, sê die departement het nie presiese syfers van die getal Suid-Afrikaners wat in gebiede is wat geraak word nie. Volgens Monyela is dit nie moontlik om Midde-Oosterse lande met vlugte binne te gaan of te verlaat nie, maar het die departement verskeie kommunikasie-kanale om met alle Suid-Afrikaners in verbintenis te bly. Hy sê die departement oorweeg tans moontlike ontruimingsplanne en ingrypings.

KZn Melkboere wil hê hulle kuddes moet voorrang geniet tydens inentingsveldtog
02:30

Die EFF eis die inhegtenisneming van Paul O'Sullivan.
08:35

Sanitêre doekies: Nie ‘n bron vir paniek nie, maar kanker skakel moet verder ondersoek word.
05:35