Melkboere is die versekering gegee dat hulle kuddes voorrang sal kry vir inenting teen bek-en-klouseer, sodra Suid-Afrika entstof van oorsee ontvang, wat vir al drie variante van die virus in die land gebruik kan word. Dit volg ná 'n emosiebelaaide vergadering van die Minister van Landbou - John Steenhuisen - met KwaZulu-Natalse melkboere in die Howick-omgewing. Die minister het die provinsie besoek as deel van sy oorsig oor die implementering van 'n massa-inentingsveldtog, nadat 'n besending entstof van Argentinië ontvang is. 'n Besending van Turkye sou die naweek aangekom het. Dries Liebenberg berig

Iran sê hy gaan help om Suid-Afrikaners wat daar vasgekeer is terug te bring
11:54

Die EFF eis die inhegtenisneming van Paul O'Sullivan.
08:35

Sanitêre doekies: Nie ‘n bron vir paniek nie, maar kanker skakel moet verder ondersoek word.
05:35