Die departement van Sport, Kuns en Kultuur sal binnekort 'n verklaring uitreik oor die 21 geografiese naamsveranderinge wat goedgekeur is. Die minister van sport, kuns en kultuur, Gayton McKenzie het 21 geografiese naams-veranderings voorlopig goedgekeur en dit moet nog in die staatskoerant gepubliseer word. Die name wat die wenkbroue laat lig is Oos Londen wat verander na KuGompu City en Graaff-Reinet na Robert Sobukwe Town. Graaff-Reinet is die vierde oudste dorp in die land en is in 1786 gestig en vernoem na die toe Goewerneur van Kaapstad Cornelis Jacob van der Graaff en sy vrou Reinet. Ons praat nou met 'n professor in Publieke Leierskap by die Tilburg Universiteit in Nederland, Erwin Schwella

“Onnies” voel magteloos teen ongeskikte leerders
09:10

“Moet nog nie jou sonpanele registreer nie”, sê energiekenner
08:34

Die Plaagdoder Terbufos dreig om nog lewens te eis
07:49