So sê Johan Botha, hoof van die Solidariteit Onderwyser-netwerk, wat fokus op werksbeskerming van onderwysers. Ons het op Monitor met hom gepraat nadat 'n 60-jarige, Graad 4-onderwyseres van die Zeekoevlei Laerskool in Kaapstad in die Wynbergse landdroshof verskyn het vir die beweerde aanranding van 'n leerling verlede week. Geen bevindings is al gemaak nie, en 'n volgende hofverskyning gaan in samwerking met die Nasionale Vervolgingsgesag bepaal word. Die Wes-Kaapse Onderwysdepartement is ook besig met sy eie ondersoek. Die skool was vroeër ook in die nuus, nadat 76 leerlinge in een Graad 7-klas vir die vak Afrikaans geplaas is. Intussen sê 'n afgetrede onderwyseres van Kaapstad dat die situasie in ons land se klaskamers baie moedelose onderwysers dwing om jaarliks die beroep, en die land te verlaat. Volgens Leticia van der Heever het die gedrag van skoolkinders oor die jare vererger, en dit wil voorkom of onderwysers nie meer regte het nie.

NAAMSVERANDERING ONDERHOUD
06:21

“Moet nog nie jou sonpanele registreer nie”, sê energiekenner
08:34

Die Plaagdoder Terbufos dreig om nog lewens te eis
07:49