Sondag koerante het die afgelope naweek berig oor die maatskappy Lone Rock Konstruksie wat verlede week 'n saak in die Pretoriase hooggeregshof aanhangig gemaak het om die polisie te dwing om die maatskappy teen die konstruksiemafia te beskerm. Die maatskappy kla dat taxie organisasies, bugerlike organisasies soos SANCO en prominente politici in Gauteng, hulle teister en verhoed om 'n konrak wat aan hulle toegeken is, te voltooi. Die half miljoen rand kontrak is om die Goue hoëweg te herstel. Maar geen werk kan gedoen word nie want werkers word geintimideer. Die maatskappy wil hê die hof moet die polisie minister dwing om op te tree teen die partye wat genoem is. Prof Andre Duvenhage politieke ontleder van die Noordwes Sakeskool verduidelik hoe die verskynsel werk.

Die Persraad stem saam: Akkerland Boerdery is nie onteien nie.
10:24

"Die Weermag se ontplooiing is absolute chaos"
12:10

Dit is hoe die mensdom probeer verhoed dat KI die wêreld verwoes in oorlogtye
11:47