Die wêreld se grootste Tegnologie Firmas staan bankvas agter die maatskapy Anthropic in sy regstryd teen die Amerikaanse regering. Anthropic se KI stelsel, Claude is blykbaar deur die Amerikaanse regering gebruik om teikens te kies vir aanvalle in Venenzuela en Iran. Maar nou sê die Minister van Verdediging, Pete Hegseth dat Anthropic, ’n bedreiging inhou vir Amerika se voorsieningsketting. Maatskapye soos Microsoft Google, Amazon en Apple ondersteun Anthropic se weiering dat hulle stelsels gebruik word in massa-monitering en in sekere wapentuig. Professor Bruce Watson is Suid- Afrika se verteenwoordiger op die internasionale kommissie vir die verantwoordelike gebruik van kunsmatige intelligensie in die militêre domein. Hy het hieroor op Monitor gepraat, maar ook terugvoer gegee oor die jongste wereldberaad oor die gebruik van KI in die militere domein wat verlede maand in Spanje plaasgevind het.

“Godongwana se verligting by die pomp gaan ons duur te staan kom”
07:18

Die Nuwe regulasies oor Swangerskap op die skoolbanke gee die Pa's steeds kwytskelding.
07:42

Haglike toestande by weermagbasisse onanvaarbaar.
05:19