RSG Nuus en AktualiteitRSG Nuus en Aktualiteit

"Die Weermag se ontplooiing is absolute chaos"

View descriptionShare

So sê die voorsitter van die parlement se portefuelje-komitee oor polisie, Ian Cameron en 'n lid van die staande komitee oor verdediging, Nicholas Gotsell. Die Minister in die Presidensie, Khumbudzo Ntshaveni en die department van verdediging het vroeer vandag voor die Nasionale Raad van Provinsies verskyn om antwoorde te verskaf oor die weermag se ontplooiing om bendegeweld en onwettige mynbedrywighede hok te slaan, soos wat die president  belowe het. Hulle kon egter nie direkte vrae beantwoord oor kwessies soos in wie se opdrag die weermag Woensdag reeds in bende-geteisterde gebiede in Johannesburg ontplooi is nie. Dit terwyl die amptelike brief, wat die besonderhede bevat, aandui dat die amptelike ontplooiing eers aan die begin van April moes gebeur. 

  • Facebook
  • X (Twitter)
  • WhatsApp
  • Email
  • Download

In 2 playlist(s)

RSG Nuus en Aktualiteit

'n Daaglikse oorsig en ontleding van plaaslik- en internasionale nuusgebeure en kwessies wat jou raa 
Social links
Recent clips
Browse 602 clip(s)