News24 het geslaag in sy appel teen n bevinding deur die Pers-Ombud dat hulle om verskoning moet vra aan lesers oor n storie getiteld: "NO Akkerland Boerdery was not expropriated without compensation, the owners sold it privately." Die ombud, Herman Scholtz, het verlede Junie in die landbou-organisasie, SAAI se guns beklink nadat hy News24 beskuldig het van onakuraatheid in sy berriggewing. Regter Bernard Ngoepe, die voorsitter van die Persraad se appelkomitee het bevind dat die beriggewing akkuraat was, en dat Akkerland -boerdery nie gebruik kan word as 'n voorbeeld van hoe grond willekeurig deur die regering onteien word sonder vergoeding nie. Ons het op Spektrum met News24 se assistent-redakteur, Pieter Du Toit en die uitvoerende direkteur van SAAI, Theo De Jager hieroor gepraat.

“Godongwana se verligting by die pomp gaan ons duur te staan kom”
07:18

Die Nuwe regulasies oor Swangerskap op die skoolbanke gee die Pa's steeds kwytskelding.
07:42

Haglike toestande by weermagbasisse onanvaarbaar.
05:19