Die gesprek het ons Vrydag met die party se leier Geordin Hill-Lewis op Monitor gevoer. Die DA se federale leier het met ons gepraat oor President Cyril Ramaphosa se besluit om die minister van Maatskaplike Ontwikkeling, Sisisi Tolashe af te dank. Hill-Lewis het aanvanklik n brief aan die president geskryf om dit te eis, as bewys dat die regering van nasionale eenheid ernstig is oor verantwoordbare leierskap. Hill-Lewis is toe gevra oor of President Ramaphosa se besluit om die Phala Phala-kwessie op regterlike hersiening te neem, ook gesien kan word as verantwoordbare leierskap? Luister en besluit self of jy saamstem met sy repliek.

Charlene Pretorius is die ergste voorval van geslagsgeweld wat sy nog gesien het, sê aktivis.
06:56

Is dit bloot 'n kwessie van tyd voor die volgende wereldwye pandemie toeslaan?
09:02

Verskaffers wat opgeblaaste pryse van korrektiewe dienste gevra het sal nooit weer met die regering besigheid doen nie.
06:05