Die Departement van Korrektiewe Dienste is besig om 4600 kontrakte vir die verskaffing van kosprodukte aan die land se sowat 240 tronke, te hersien. Die departement het vandeesweek voor die parlement se portefuelje komitee oor Korrektiewe Dienste verskyn, waar kommer uitgespreek is oor buitensporige pryse. Byvoorbeeld iets soos 'n liter kookolie het die departement meer as 600 rand gekos. Die nuwe onderhandelde prys met verskaffers, is nou tussen 26 en 29 rand 'n liter. Dit laat die vraag ontstaan, hoe sulke buitensporige pryse voorheen toegelaat is? Ons het op Monitor gepraat met die Minister van Korrektiewe Dienste, Dr Pieter Groenewald wat die belofte gemaak het, dat sulke verskaffers se dae van besigheid doen met die regering getel is.

Kringtelevisiekameras in klaskamers: Reg of Weg?
09:48

"Meneer die President jou Buitelander'ingryping kom te laat."
17:50

Luister beslis indien jy ‘n buitelander in diens neem of reeds het
09:21