Iran het 'n nuwe opperleier, Mojtaba Khamenei verkies wat sy pa, Ajatollah Ali Khamenei, sal opvolg. Khamenei is dood toe Amerika en Israel verlede Saterdag 'n aanval op sy woning uitgevoer het. Die godsdienstige liggaam wat die nuwe leier verkies het, het burgers gevra om verenig te bly en getrou te wees aan Khamenei. Ons het met die krygskunde Professor, Abel Esterhuyse, gepraat oor hoekom die posisie so belangrik is in die konteks van die oorlog in die Midde Ooste en ook gevra of hy nou beter verstaan hoekom die Amerikaanse President, Dondald Trump genoop was om Iran aan te val. Die kenner glo die redes hiervoor word by die dag al hoe meer duister.

Wins uit ‘n Ponzi-skema belegging is nie jou geld nie, dit is 'n opbrengs uit misdaad.
05:22

Dit is hoe die regering ons kan beskerm teen 'n groot brandstofprys-verhoging
08:04

Brandstofpryse gaan knyp midde van die oorlog
04:33