Die konflik in die Midde-Ooste het gister die prys van ru-olie tot byna 120 dollar per vat opgejaag. Die prys het intussen teruggesak na onder eenhonderd doller per vat. In Asiese lande soos Suid-Korea en Bangladesj is daar reeds petrolpomp-inperkings en plek-plek is staatsinstellings beperk tot ’n vier-dag werksweek om brandstof te bespaar. In Bangladesj is universiteite ook vir die doel gesluit. Maar hoe lyk Suid-Afrika se strategiese brandstofreserwes en kan die regering bekostig om as ’n buffer te dien in geval die olieprys weer begin wipplank ry. Ons het hierdie vrae aan die ekonomiese raadgewer vir die Optimum Beleggingsgroep, Dr Roelof Botha gerig.

Wins uit ‘n Ponzi-skema belegging is nie jou geld nie, dit is 'n opbrengs uit misdaad.
05:22

Brandstofpryse gaan knyp midde van die oorlog
04:33

Hoogdrukstelsel krap die weer om...
05:10